R329 per bottel · Bestel by B Distillery. BTW ingesluit. Aflewering word by die betaalpunt bereken.
HOOFSEUN · UITGAWE 001BESTEL AANLYN
’N GLAS NAT MAAK · NIE ’N TREKKER SOEK NIE
MOERSE LEKKER. EFFENS ONGESKIK.◆GEEN KAK. NET BRANDY.◆WAAR DAAR ROOK IS, IS DAAR ’N BRAAI. SKINK SOLANK.◆
Die dop
Geen lang storie. Net ’n lekker een.
’n Suid-Afrikaanse blended brandewyn met ’n potstill-hart wat vir drie jaar verouder is. Sag genoeg om netjies te drink. Sterk genoeg om nie agter die Coke weg te kruip nie.
Op die neus
Lig en vrugtig, met peer, gedroogde appelkoos, ’n tikkie vanielje en geroosterde eikehout.
Hy ruik net so onskuldig.
In die mond
Sagte steenvrug en rosyne kom eerste deur, gevolg deur vanielje, ligte speserye en ’n subtiele neuterigheid uit die hout.
Droog, maar met maniere
Tegnies droog. Die vanielje uit die eikehout laat hom net effens soeter voorkom.
Hy is nie soet nie. Hy is net vriendelik grootgemaak.
Die laaste sê
Medium van lyf, met ’n skoon, warm afronding en ’n sagte eggo van eikehout.
Hy groet ordentlik. Jy gaan hom net weer terugnooi.
Hoe vat ’n mens hom?Gemaak vir brandewyn en Coke. Goed genoeg om netjies of oor ys te drink.
“Gemaak om te meng. Goed genoeg om stadig te drink.”
Styl
Versnyde brandewyn
Maturiteit
3-jaar potstill-komponent
Sterkte
40% alc./vol.
Inhoud
750 ml
NEERSTE UITGAWE
Klein begin. Groot plan.
HOOFSEUN. ONS EERSTE UITGAWE.
Hoofseun is STIKSTOF se eerste uitgawe. Nie op elke rak nie, en nie vir elke ou bedoel nie. Moerse lekker. Effens ongeskik.
01Steek jou hand op. Ons skryf mooi.
02Kry die amptelike aanbod deur die gelisensieerde roete.
03Maak plek op die rak. Die gaste mag kyk.
Jou besonderhede word net vir STIKSTOF se bekendstelling gebruik. Geen betaling word deur dié waglys ontvang nie.
Waar kry ek hom?
NIE OP ELKE RAK NIE. HIER KRY JY HOM.
Uitgesoekte plekke. Dieselfde Hoofseun. Kry jou naaste drankwinkel of kuierplek hieronder, of bestel jou bottel aanlyn.